Mei 2013 : Pinksterdienste in B'Bos, P'Beach, Gansbaai

Mei 2013 : Pinksterdienste in B'Bos, P'Beach, Gansbaai

NG Kerk Gansbaai

Pinkstertyd in Gansbaai is ‘n tyd van verootmoediging, nadenke en hernude toewyding aan ons Hemelse Vader. Donderdag 9 Mei is Hemelvaartdienste in Gansbaai, Baardskeerdersbos en Pearly Beach gehou. Soos die gebruik is, is Pinksterbidure ook die volgende week elke aand in die gemeente gehou. Vanjaar se Tema was: “Here, leer ons bid” Die Onse Vader-gebed soos in Matt.6 is deur die loop van die week behandel en is Pinkstersondag (19 Mei), met die gebruik van die nagmaal afgesluit.

Die volgende kerngedeeltes is aangespreek: So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word  (v 9),  Laat u koninkryk kom (v 10); laat u wil geskied (v 10); vergewe ons ons skulde (v 12); laat kom ons nie in die versoeking nie (v 13). Gebed omspan die hele wêreld. Dit is belangrik in ons egte en opregte verhouding met God. Gebed kan skyn wees, waar dit nie gaan om God se naam te heilig nie, maar onsself. Gebed vorm die hart van ons verhouding met God. As ons nie bereid is om daaraan te voldoen nie, is gebed skyn en waardeloos. Gebed gaan nie om my eer nie. Die Onse Vader-gebed is nie ‘n goedkoop gebed nie. Die omvang van die gebed is weereens by ons tuisgebring. Deur die gebed te bid verklaar ons onsself bereid en sê: Begin by my, dan kan almal u heilige Naam sien en hoor.

Dit was ‘n wonderlike geesvervulde week.  Namens die gemeente sê ons dankie aan die leraars (dr. Bobo van Zyl, ds. Willie Kotze en ds. Dirk van Dyk) wat die Pinksterdienste in Gansbaai, Baardskeerderbos en Pearly Beach gelei het.

Dankie aan almal wat elke aand gehelp het met die skink van die tee/koffie en die maak van die toebroodjies vir die gemeentebyeenkomste in die saal. Dit is baie spesiaal wanneer gemeentelede so saam kan verkeer en mekaar kan leer ken.

Baie, baie dankie ook aan bediening uitreik vir die onvergeetlike Pinkstermaal waarmee die week op ‘n hoë noot afgesluit is. Die sang van die laerskoolkoor van Alana Louw was pragtig en ons sê vir hulle nogmaals dankie.

Spesiale gaste, Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu, wat op uitnodiging van die Sendingbediening ons gemeente besoek het, het dienste in B’Bos en Pearly Beach bygewoon. Ons gemeente ondersteun evangelis Bonginkosi nou reeds ’n klompie jare en dit is wonderlik om te hoor hoe God se koninkryk in die Makhathini (veral in Bonginkosi se streek) groei. Seestrome dra graag ook hul dank en seënwense aan die gemeente oor .

Die totale bedrag wat vir die Bybelgenootskap deur middel van die deurkollekte geїn is, het die mooi bedrag van R9 332.65 beloop.

Op die foto verskyn Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu.

Mei 2013 : Pinksterdienste in B'Bos, P'Beach, Gansbaai

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai