Simeon en Anna en Baba Jesus
Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Die redaksie van Seestrome wil graag van die geleentheid gebruik maak om ‘n spesiale woord van dank tot dr. Lisel Joubert te rig vir haar medewerking en bydraes tot Seestrome, asook haar diens-baarheid in die gemeente.
Die gemeente het verneem dat haar kontrakpos nie hernu is nie. Ons wil ook vir Deon, haar eggenoot, en haar kinders baie dankie sê dat hulle haar so ondersteun het in die kontraktydperk as leraar. Die voortreflike en onbaatsugtige wyse waarop sy haar pastorale en gemeentetake, asook haar betrokkenheid by Seestrome uitgevoer het is prysenswaardig.
Die redaksie het leier-ouderling Daan Victor, voorsitter van die diensverhoudingebediening, genader om die besluit rakende die hernuwing van dr. Lisel se kontrakpos deur Seestrome aan die gemeente te verduidelik en hy het soos volg geantwoord:
“Na aanleiding van ‘n skrywe ontvang van die Sinodale kantoor t.o.v. die veranderinge in die nuwe 2011-Kerkorde en hoe dit predikante en gemeentes raak, is die gemeentes ingelig dat daar net drie tipes predikantsposte in die toekoms sal wees, nl.: 1] Voltydse Bedienaar van die Woord 2] Tentmaker, wat deeltyds is, en; 3] Vaste termynpos, wat voltyds of deeltyds is. Hierdie 3 poste sou ook voortaan pensioendraend wees en dat mediese voordele verskaf moet word. Die kontrakpos wat dr. Lisel Joubert beklee het, het nie hierdie voordele ingesluit nie, wat sou beteken dat die gemeente, indien hulle sou voortgaan met hierdie pos, daarvoor voorsiening sou moes maak. ‘n Kontrakpos in ‘n gemeente kon alleenlik drie jaar lank gebruik word, waarna ander reëlings getref moet word.
Dr. Lisel Joubert het die einde van haar kontraktyd bereik en die saak is met haar bespreek, asook die nuwe verwikkelinge in verband met pensioen en medies voordele en dat die aangeleentheid na die kerkraad verwys sou word vir bespreking en goedkeuring. Aangesien hierdie veranderinge addisionele finansiële las op die gemeente sou plaas en dat, as gevolg hiervan, daar vir ‘n tekort begroot sou moes word, het die kerkraad besluit dat, weens finansiële redes, daar nie met die pos voortgegaan moet word nie.
Namens die kerkraad en gemeente word dr. Lisel Joubert bedank vir die voortreflike wyse waarop sy haar verpligtinge in die gemeente nagekom het, die ondersteuning wat sy aan haar kollegas verleen het, hetsy in die pastorale of Woordverkondiging. Ons glo en vertrou dat sy nog in die toekoms beskikbaar sal wees vir diens aan die gemeente”.
Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMaria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder
In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.
Lank, lank gelede, voor daar nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.
In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.
Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer.