Ons Gemeente Hawe van God se Genade

 Ons Gemeente Hawe van God se Genade

NG Kerk Gansbaai

(Hierdie is ‘n verkorte weergawe van die preek “Hawe van God se Genade” wat op 21/11/2004 by geleentheid van Gansbaai-gemeente se Visiefees deur professor Kobus Kellerman gelewer is.)

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees. 1 Petrus 1:2. Daar is iets omtrent ‘n hawe wat ‘n mens van buite fassineer. ♦ Miskien is dit die vreemdheid van alles. ♦ Miskien dat hier iets van die wêreld daar ver sigbaar word - ‘n kontakpunt tussen wêrelde. ♦ Dis ‘n besige plek waar allerlei aan die gang is. ♦ Volgens HAT is dit ‘n beskutte stuk water aan ‘n kus waar skepe kan anker en aanlê om goedere op en af te laai.

Wanneer ons aan Gansbaai-gemeente as ‘n Hawe van God se Genade dink, dan moet hierdie vier eienskappe geestelik oorweeg en toegepas word. Maar dit is nie al nie. Hier kom ‘n ander dimensie by: God se Genade, m.a.w. sy goeie guns, sy liefde en barmhartigheid, sy verlossing en vergifnis. God se genade het nie met skepe te doen nie maar met mense wat dit nodig het vanweë die toestand van sonde en verlorenheid. Met mense wat aan die wegneem van hulle sondeskuld niks kan doen nie, die prys nie kan betaal nie.

God se genade het self in werking getree en die prys betaal deur sy Seun aan ‘n kruis te laat sterwe. Hier lê die basis van ons heil: genade wat aan ‘n kruis sigbaar word. Die gevolg is versoening tussen God en mens, mens en mens. Vyandskap is beëindig, mense word burgers  van die Koninkryk van God, kinders van God. Dit word alles ontvang deur geloof in Jesus Christus as die inhoud van die genade.

‘n Hawe van God se genade is nie ‘n plek nie maar persone. En in Gansbaai-gemeente is dit ‘n versameling van begenadigdes waar bogenoemde kenmerke gestalte gevind het, waarvan liefde die hoofkenmerk is.

Hoe lyk dit in die PRAKTYK? Die geharde visserman, die apostel Petrus, self ‘n begenadigde, skryf aan gemeentes om te sê hoe dit onder God se genade moet lyk: Mag daar genade en vrede in oorvloed wees. Vir die gemeente van Gansbaai om ‘n hawe te wees waar God se genade en vrede gevind kan word, moet Petrus se beskrywing van ‘n gemeente in sy brief gevolg, begryp en toegepas word.

Bewus van besondere identiteit. Nie behorende tot een of ander vissersmaatskappy nie, maar God se uitverkorenes, besprinkel met die bloed van Christus, mense met nuwe (wedergebore) lewe, mense met hoop en ‘n wonderlike erfenis, mense wat deur God vir die saligheid bewaar word. Hulle weet wie en wat hulle is en aan wie hulle behoort (1 Petr 1:1-9).

Bewus van afhankilikheid van God. God se genade vereis gehoorsaamheid, verstandelik wakker en nugter te wees en volkome op die genade te hoop. ‘n Andersheid van heilig wees soos God heilig is, word van hulle verwag.

Daar sit ‘n uniekheid in ‘n gemeente wat ‘n hawe van God se genade wil wees. Hulle lewe met en vir God (1Petr 1:10-16).

Breek met sondige leefwyse. Ernstig is die oproep om met elke vorm van kwaad te breek. En om te hunker na die suiwer geestelike melk van die Woord. ‘n Hawe van genade mag nie vol gebreke wees nie. Hy moet skoon en ordelik daar uitsien. Anders kan hy nie funksioneel wees nie en beantwoord hy nie aan sy doel nie (1Petr 2:1-3).

Gerig op die wêreldmark. Hulle het ‘n uitvoerproduk wat in die hawe verskeep moet word - die verlossingsdade van God, die evangelie wat verkondig moet word en waarvolgens hulle gedrag bepaal word. Dit is hulle roeping. Die hawe is die kontakpunt met die wêreld (1Petr 2:11-12).

Gewillig om te ly. Om uit te kom vir jou geloof, lok teenstand uit. Maar Christus het self gely en ons moet gewillig wees om dit ook vir Hom te doen. Dit is nie maklik om volgens die rig-lyne van die Boek van Genade op te tree en om kanale van ge-nade te wees nie (1Petr 2:18 – 22).

Strewe na gesonde verhoudings. Wanneer iemand die hawe van genade binnevaar, moet goeie verhoudings, o.a. die huwe-like, onder die begenadigdes treffend wees. Dit moet van onderlinge genade en liefde getuig  (1Petr 3:1 - 11; 4: 7 - 11).

Biddende mense. Gebed is ‘n aanduiding van ‘n lewe uit God se genade. Om bewus te wees van die bedreiging van die duiwel. Dis ‘n werp van bekommernisse op Hom. Daarom is dit ook ‘n soeke na die krag van God.

Waarskuwing. ‘n Vuurtoring is simbool van gevaar en aanduiding van  ‘n veilige koers. In die gemeente as hawe van genade is dit die Gees en Woord van God wat die rol vervul. Daar moet gewaak word teen afvalligheid en gestrewe word na toename in genade.

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees.          

 Ons Gemeente Hawe van God se Genade

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai