Simeon en Anna en Baba Jesus
Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Ons as Christene bely dat God in Jesus Christus mens geword het. Ons bely dit elke Sondag, amper onnadenkend. Asof dit vanselfsprekend is dat God mens geword het. Hierdie belydenis is eintlik bo my as mens se begrip. Wie daaroor nadink, vind dit amper onmoontlik om te verstaan. Dit bly ‘n misterie waarvoor ‘n mens jou hele lewe lank in verwondering staan.
Die woord “vlees” staan vir ons gebrokenheid. Ons is sterflike mense wat tydens ons lewens-jare verwond word deur hartseer, oudword, siektes, die dood van ons geliefdes.
Om “vlees” te wees, om m.a.w mens te wees, is nie altyd so maklik nie. Dit is vol vreugde, maar ook vol lyding. Rondom ons, tussen ons, leef mense met wonde. Soms is dit fisieke wonde, soms geestelike wonde of soms is dit psigiese wonde. Wonde geslaan deur die leed van die lewe. Oral om ons sien ons die leed indie lewens van vriende, familie, gesinne, kinders, vreemdelinge, ens. Ons probeer die seer van die lewe dikwels wegsteek agter vrolike of ligsinnige maskers.
Vir my is dit wonderbaarlik om te dink dat God ons volle menswees, met al sy vreugdes en veral pyn, ernstig kom neem het in Jesus se menswording.
Die Kind in die krip verkondig: God is nie ‘n koue, veraf God nie. Hy is nie ‘n gevoellose God wat sy rug op ons, die mens en die ganse werklikheid, kom draai nie. In Christus het God ons won-de, ons smarte, ons krankhede op Hom kom neem. Waar hierdie Jesus, soos ons bely, aan die regterhand van die Vader sit, weet God die Vader van ons wonde.
Geloof is om hierdie God te leer sien, om ons vlees, ons mensheid te sien sit aan die regterhand van die Vader.
Teksgedeeltes: Hand. 2:22-24, 32-33, Mark.10:43-45, Filip 2:5-11, 2 Kor 5:21.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMaria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder
In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.
Lank, lank gelede, voor daar nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.
In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.
Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer.