Om die Genade van God te Ken

Om die Genade van God te Ken

NG Kerk Gansbaai

Karl Barth meen ons as mens is soos die ruiter wat blindelings in die nag op sy perd oor die bevrore meer galop sonder om te besef hoe glad (dalk ook hoe dun) die ys onder ons is. Die hoewe gly, die ys kraak, maar ons jaag voort. Eers as ons by die ander oewer kom en die mense ons vertel in watter ontsettende gevaar ons was, stort ons van pure skrik ineen.

Ons is meestal salig onbewus van die  dreigende gevaar van die sonde in ons lewe. Ons is van nature nie maar net ‘n bietjie verlore of effens verdwaal nie, maar geheel en al verlore en verdwaal, geheel en al op die verkeerde pad, ons is van nature die prooi van die sinneloosheid, die dood, die Godsverlatenheid, van nature verkeer ons op die gladde ys, skryf  Johan Cilliers in sy boek: In die greep van God.

Efesiërs 2:8, 9 sê: Julle (hierdie van nature sondige mens) is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie, dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Ons kan onsself nie red uit die put van die ellende nie. Trouens, ons is meestal soosdie ruiter, salig onbewus van die gevaar van die kwaad in ons lewe nie, ons is nie een bewus dat die kwaad ons vervreem van God, van mekaar en die skepping nie.
Ons besef nie altyd self die erns van ons toestand nie. Ons dink selfs ons het geen redding nodig nie, want waarvan moet ons nou eintlik bevry word? Indien ons wel  besef dat die sonde ons vervreem van God en naaste, kan ons onsself nie uit die mag van die kwaad bevry nie.

God alleen kan ons bevry van die mag van die kwaad. Maar waarom sal God dit wou doen?  Soos die verlore seun, kies ons herhaaldelik die vreemde land.

Kies ons die weg wat ons al verder wegneem van God se liefdevolle ontferming en sorg. Soos die Vader in die gelykenis van die verlore seun met verlangende liefde bly wag op sy kind se terugkeer, so  dring God se liefde ons na Hom toe. 
God bevry ons van ons God-wegbeurende-wese, omdat Hy ons onvoorwaardelik  liefhet. Dit is tog wat genade is.
Hoe verander hierdie liefde van God my lewe? Kan ek onveranderd bly wanneer God se genadige liefde oor my lewe spoel?

Genade verander ‘n mens onherroeplik. In 2 Korintiërs 3 lees ons in vers 18: Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer veranderom aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. 

Die genadige God verander ons deur sy Gees na die die beeld van Christus. Genade het duidelike moreel-etiese implikasies vir ons lewe.

John Leith sê tereg: “Grace as ‘given’ is also a moral influence in the human heart”. The chief point that runs through all Reformed theology is first insistence on the pervenience of grace, the fact that God  is personal and influences hu-man beings as free, responsible, moral, historical persons.” (Leith, p 221-222)

Ferdinandt Deist het in ‘n boek met die titel: Ken jy die genade? die volgende kenmerke van genade uitgelig:
Genade is om versorg te word, genade is as iemand vir jou instaan, genade is as iemand medelye met jou het, genade is om begryp te word, genade is “ten spyte van”, genade is om voor te kan begin, genade verg om te sterf  (Luk 9:18-25), genade verg om opnuut gebore te word, genade is om te kan vergewe, genade gee om, genade pas lewe op, genade sorg dat reg geskied, genade is nie inhalig nie, genade verdruk nie, genade weeg eerlik, genade is om soos God te wees  (Levitikus 19:1-19).

Om die Genade van God te Ken

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai