Vrouesappigheid

Vrouesappigheid

NG Kerk Gansbaai

Saterdagoggend 10 Augustus 2013 het die NGKerk Gansbaai se Vrouediens fees gevier met Elsabé Aldrich. Dit was ‘n oggend vol kleur(uitrustings en dekor) en geur(ete en drinke), diep gedagtes, en skaterlag wat die maagspiere geprikkel het.

Elsabé is ‘n uitstekende pretprater wat weet (en dit geniet) om haar gehoor te boei.
Haar dramatalent en verkwiklike humor help om diep waarhede met plesierigheid oor te dra. Sy glo dat blymoedige mense se lewe ’n fees is.

Haar tema vir die oggend was : Geheime van Vrouesappigheid
Enkele punte wat sy aangeraak het is die volgende:

Hoe is ‘n sappige vrou?
’n Sappige vrou is baie soos die vetplant van Afrika  - met die klem op plant en nie op vet nie.
Sy het dalk ’n eienaardige vorm, maar sy het die vermoë om te triomfantelik te bly – selfs in droogte toestande.
Haar wortelstelsel is puik en sorg dat sy nie papgeklap en uitgedor raak nie.

’n Sappige vrou het passie, en nie net van dáárdie soort nie.
Sy is positief oor die lewe.
Sy het ’n oorvloedmentaliteit, maar darem nie tot op die punt waar sy haar man met ’n ander vrou wil deel nie.

Sy floreer op klomplimente, maar is nie ongesond afhanklik daarvan nie.
Sy vóél reeds waardevol, want sy is.
Sy aanvaar haarself en maak vrede met die feit dat perfeksie nie op aarde haalbaar is nie.
Sy is onbeskaamd versot op haar mense.
Sy hou van verrassings en pak nuwe dinge aan.
Kort om, sy is bruisend vrou met geite en al.

Elsabé deel ook met die gehoor geheime van vroue –
sappigheid soos lag,
woema,
gesonde oë en
StaSoft-woorde.

Die gesellige oggend is deur die Vrouediens kommissie gereël. Verskeie gasvrouens was vir die versiering van en verversings op die tafels verantwoordelik. Dankie al hulle vir hulle moeite. Dit was pragtig!

Die verigtinge is deur Marina van Dyk geopen. Elcine Hulme het as “seremoniemeester” opgetree. Franzil Kotze het die bedankings gedoen.
Tydens die geleentheid het Sylvia Aggenbach se jeug dansgroepie ook opgetree. Hulle het die lied “Houtkruis” gesing.

Voorwaar 'n oggend om te onthou!!


 

Vrouesappigheid

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai