Blog

Huismark kan dán versterk

Huismark kan dán versterk

Seeff Gansbaai

Die eiendomsmark in Suid-Afrika is vir die grootste deel van die jaar tot duvser gekenmerk deur huiswerige kopers weens die onsekerheid oor die verkiesing in in Mei, sé Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep.

Die verkiesing kan nie gou genoeg afgehandel word nie sodat voortgegaan kan word om die eiendomsmark te bou, sé Seeff.

Die mark is gekenmerk deur wat Seeff beskryf as "buyer analysis paralysis", met kopers wat op die kantlyn wag om te kyk hoe die verkiesing ontvou. Dis veral waar wat beleggers met beskikbare geld betref, dit wil sé mense wat nie verplig is om te koop, soos iemand wat verhuis het of verplaas is of wat geémigreer het en dringend blyplek soek nie. 

Die vraag in die eiendomsmark was tot duvser vanjaar dus lusteloos, met swak groei in pryse. Dit was frustrerend vir ienaars wat moes verkoep.

Seeff meen die marktoestande is juis gunstig vir kopers. Hy wys op die jongster eiendomsbarometer van FNB wat verwag rentekoerse sal vir minstens die volgende kwartaal onve4randerd bly. Die toestande vir huislenings het ook verbeter. Die verbandmakelaar Ooba berig die koers waarteen huisverbande goedgekeur word neig opwaarts en banke se vereistes as 'n jaar gelede. Hulle ding mee om 'n beperkte groep kopers wat huislenings soek.

Daar is meer mense wat huk eiendomme wil verkoop om finansiële en emigrasie-redes, en daar is volgens Seeff 'n mate van aktiwiteit in die prysband van R1,2 miljoen tot R3 miljoen. Hy verwag kopers sal ná die verkiesing na die mark terugkeer en verkopers behoort gereed te wees om gebruik te maak van dié verwagte vraagtoename.

Bianca Botes, korporatiewe tesouriebestuurder by Peregrine Treasury Solutions, voorspel dat die rand ná die verkiesing steeds sal verswak selfs ondanks 'n nuwe vlaag optimisme vanweë vertroue in pres. Cyril Ramaphosa.

Sy meen 'n sterk oorwinning vir die ANC kan positief wees vir die rand, want die party se beleid is bekend aan markte. As 'n swakker vertoning vir die ANC beteken dat 'n koalisie met die EFF gervon moet word, kan dit die rand kan Suid-Afrikaanse eiendomme egter aantrekleeker maak vir buitelandse kopers wat met dollar, pond of euro wil koop.

Die beleggingsbestuurder Fairtree wys op sy beurt daarop dat buitelandse eiendom oor die afgelope een, vyf, sewe én tien jaar beter as Suid-Afrikaanse aandele, effekte en genoteerde eiendom gevaar het. Hulle meen dus internasionale eiendomsbelegging kan 'n uitstekende alterbnatiewe bateklas wees.

Dié beleggings is onafhanklik van die swak Suid-Afrikaanse ekonomiese en polieieke omsewing, sé Ryan Cloete, portefeuljebestuurder by Fairtree.

Ook hier bied 'n verswakkende rand voordele. Die afgelope 20 jaar het die rand met gemiddeld 4% tot 6% per jaar teen die grrot goldeenhede van die ontwikkelde markte verswak, en Suid-Afrikaanse beleggers in buitelandse eiendom het dus jaarliks slegs op die wisselkoers allen 'n opbrengs van 4% tot 6% behaal bo en behalwe die opbrengs in dollar, verduidelik Cloete.

Source: Die Burger on Saturday, 27 April 2019.

Huismark kan dán versterk

Seeff Gansbaai

Seeff Gansbaai has been active in the property industry for many years and is a well-trusted household name, synonymous with Real Estate in South Africa. The estate agents at Seeff Gansbaai have become well-known locally, nationally and internationally for their warm hospitality, marketing expertise...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R8,750,000: 4 Bedroom House for Sale in De Kelders

R8,750,000: 4 Bedroom House for Sale in De Ke...

Effortlessly luxurious home overlooking Walker Bay.

Seeff Gansbaai
Ontmoet ons Eiendomsagente - Seeff Eiendomsgroep

Ontmoet ons Eiendomsagente - Seeff Eiendomsgr...

"Seeff wyk so bietjie af van die normale eienaar/prinsipaal-konsep," vertel Cornie Swart.

Seeff Gansbaai
R1,795,000 | 3 Bedroom House For Sale in Franskraal

R1,795,000 | 3 Bedroom House For Sale in Fr...

Sunny family home, close to the ocean.

Seeff Gansbaai
5 Simple Saving Tips For First-Time Home Buyers

5 Simple Saving Tips For First-Time Home Buye...

A house is a big purchase and will probably tap out a good chunk of your savings, if not the full amount.

Seeff Gansbaai
Has Your Listing Been Hijacked?

Has Your Listing Been Hijacked?

Imagine putting your listing on the market for a specific sum and then discovering that another agent has not only hijacked the listing and is marketing your property without your permission, but is doing so at a much lower price.

Seeff Gansbaai
Kenners voorspel ʹ̓n opswaai in die mark

Kenners voorspel ʹ̓n opswaai in die mark

Suid-Afrikaanse huiseienaars sal bly wees om te hoor dat kenners 'n opswaai in die huismark verwag na afloop van die verkiesing volgende week. Tony Clarke van die Rawson Property Group vertel meer.

Seeff Gansbaai