Hoekom skuil mense agter die

Hoekom skuil mense agter die

The BandAid Strip Counselling & Coaching Services

Hoekom is dit so ONMOONTLIK vir die meeste mense om te kan aanvaar dat dit MOONTLIK is om jou hele lewe, groot probleme en struikelblokke, behoeftes en begeertes in jou lewe te kan verander - te kan wen - te kan oorkom - te kan ontvang?

Hoe? Deur eenvoudig jou denke te verander!

Hoekom? Want JY en net JY is die grootste struikelblok in jou eie lewe, of jy dit wil of kan glo, of nie.

Sien dit so: 'n rits keuses en besluite het jou gebring waar jy vandag is, en 'n nuwe rits keuses en besluite kan jou kry net waar jy wil wees.

En hoekom nie? Jou keuses en besluite het dit dan die eerste keer reggekry. Hoekom dan nie weer nie?

Boonop is die stap-vir-stap resep so eenvoudig, maar... wat mense KAN doen en wat hulle WIL DOEN (bereid is om te doen) hou hulle gevange in pyn, frustrasie, moedeloosheid, bitterheid, versukkeling...

Hulle verkies om eerder soos 'n rot op 'n treadmill te hardloop, uitasem en kliphard op pad na nêrens, as wat hulle bereid is om 'n oomblik stil te staan en te vra: watter opsies is beskikbaar om my te help met hierdie probleem/uitdaging/frustrasie/leemte in my lewe?

Met ander woorde: hierdie wonderbaarlike wesens met onbeperkte potensiaal verkies om eerder net te oorleef in plaas van werklik te leef. Really??

Enige oplossing of droom het net 'n leer nodig en die bereidwilligheid om die leer uit te klim.

Hoe bou 'n mens so 'n leer? Een treetjie op 'n slag.

Nou kan ek nie help om te wonder nie, maar hoeveel van jou nuwejaarsvoornemens gaan Februarie sien?  Hoeveel gaan by Maart uitkom? Hoeveel daarvan gaan die kans kry om April te ontmoet? Gaan daar enige oorbly om Mei te sien verbygaan? Sien wat ek bedoel?

En wanneer jy tot verhaal kom, het nog 'n jaar van jou kosbare lewe se uurglas uitgeloop met al die potensiaal, geleenthede, uitdagings, oorwinnings, en seëninge waarop jy uitgemis het.

Hoe verhoed jy dit? Maklik. Jy pluk jou handbriek op en laat weet my jy wil meer inligting hê oor HOE OM hierdie jaar die beste jaar van jou lewe te maak, jou grootste probleme te kan kaf draf, jou mooiste drome te kan laat realiseer sodat jy hierdie jaar vuiste omhoog kan klaarmaak.

Slotsom: Jy het net nodig om 'n besluit te neem om jou hele lewe en toekoms te kan verander. Net een besluit, dis al.

Kontak my gerus as jy wil gesels of meer inligting hieroor wil hê.

Mooibly-groetnis

Heté

  • Specialist: Life skills (teacher, counsellor and coach)

The BandAid Strip - Place of hope, healing and new beginnings.

Hoekom skuil mense agter die

Heté Jordaan

The BandAid Strip is a place of hope, healing and new beginnings - a self-help platform to a complete LIFE MAKEOVER that includes emotional healing, relationship rescue, self-esteem, self-confidence, trauma, depression, divorce damage, etc.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

10 December 2022: Mozzarella Demo Class and Lunch

10 December 2022: Mozzarella Demo Class and Lunch

We are honoured to have Celestino (Tino) Delle Donne (Zandam cheese) doing a Mozzarella making session.

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

Free Wi-Fi Now Available for Buffeljachts Library Members

Free Wi-Fi Now Available for Buffeljachts Library Members

Buffeljachts Library boasts free Wi-Fi access to its members when the library is open and there is no loadshedding.

How to get free e-books from your public library

How to get free e-books from your public library

Overstrand Libraries have not been able to check out any new books for more than two weeks now.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
See All Articles