Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Gans-Berg Nuus / News

Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

-Mediclinic Hermanus-

Mediclinic Hermanus is slaggereed om binnekort sy deure vir ‘n opgegradeerde, uitgebreide en familie-vriendelike Pediatriese Eenheid te open. Dit geld ook vir ‘n nuwe Neonatale Intensiewe Sorgeenheid (NICU). “Die langverwagte projek was in reaksie op die groeiende vraag na vernuwende mediese-sorg deur die Overberg-gemeenskap, wat self die afgelope jare geweldige groei ondervind het,” het Gerhard Joubert, Algemene Bestuurder tydens ‘n media-besoek aan Mediclinic Hermanus gesê. 

Gans-Berg Nuus is vriendelik op Donderdag, 30 Junie 2022 vir ‘n media-toer deur die Pediatriese Eenheid ontvang. Gerhard is deur Cobé Grobler, Pasiënt Ervaringsbestuurder, bygestaan, wat ook die reëlings vir die media-besoek getref het. Tydens die geniet van verversings en koffie/tee in ‘n baie netjies ontvangsvertrek, is die joernaliste volledig deur Gerhard en Cobé ingelig. Die kindervriendelike geverfde mure skep ‘n rustige en ‘welkom’-atmosfeer wat mens sommer dadelik tuis laat voel. Na ‘n kort inligtingsessie, het ‘n insiggewende toer deur die eenheid gevolg. 

Die opening van die NICU bied die versekering aan ouers dat, indien enigiets onverwags tydens die baba se geboorte sou plaasvind, soos ‘n onder andere ‘n vroeë aankoms, behoorlike mediese-sorg direk binne bereik is. Dit verseker ook die plaaslike gemeenskap van vinnige, doeltreffende en maklike toegang tot wêreldklasversorging vir kwesbare pasgebore babas, asook vir ouer kinders met gewone kinderinfeksies.

“Babas is ‘n kosbare geskenk aan ouers, daarom wil ons deel vorm van hierdie spesiale en unieke ervaring,” het dr Madelein Grobbelaar, Pediater by Mediclinic Hermanus, gesê. “Ons wil ook ons verwagtende moeders en die pappas verseker dat die NICU deeglik toegerus is vir enige mediese noodgevalle en spesialissorg.”

Die kindervriendelike omgewing word ondersteun deur ervare en vriendelike chirurge en verpleegpersoneel. Sodoende kan pasiënte professioneel op ‘n pad na herstel geplaas word, met die doel om hulle so gou moontlik na hul onderskeie huise te laat terugkeer. “As gevolg van kinders se dikwels swakker en sensitiewe immuunstelsels, kan hulle ‘n risiko loop vir eenvoudige dinge soos uiterste koors of selfs dehidrasie. “Nou kan ons die ouers akkommodeer wat by hul kinders wil oornag, aangesien ons glo dat siek kinders die ouers se ondersteuning benodig om die trauma van hospitalisasie te verminder,” het dr Elna Gibson, nog ‘n Pediater by Mediclinic Hermanus, verduidelik. ‘n Gemakstoel, wat in geheel platgevou kan word, dien as ‘n enkelbed vir ‘n ouer wat wil oornag. Cobé het gemeld dat beddegoed in sodangie gevalle verskaf sal word.

“Ons Noodsentrum is in staat om die gemeenskap 24/7 met enige mediese noodgeval by te staan,” het Cobé gesê. Vir navrae kan Cobé Grobler by 028 313 0168 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by cobe.grobler@mediclinic.co.za.

Image 1
Cobé Grobler en Gerhard Joubert.
Image 2
Die familie- en kindervriendelike ontvangslokaal.
Image 1
Moderne en professionele versorgingskamer.
Image 2
Baba-kamer.
Image 1
‘n Gemakstoel wat in ‘n bed omskep kan word.
Image 2
Image 1
Kinderkamer.
Image 2
 
Hardus Botha
 
Uitgebreide Pediatriese Eenheid en Nuwe Neonatale ICU

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

10 December 2022: Mozzarella Demo Class and Lunch

10 December 2022: Mozzarella Demo Class and Lunch

We are honoured to have Celestino (Tino) Delle Donne (Zandam cheese) doing a Mozzarella making session.

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours

Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

Vining Ivy, PPG 2023 Color of the Year

It’s that time of year when we look at the paint trends for the coming year and we are more than a little excited to introduce PPG's 2023 Colour of the Year - Vining Ivy.

Free Wi-Fi Now Available for Buffeljachts Library Members

Free Wi-Fi Now Available for Buffeljachts Library Members

Buffeljachts Library boasts free Wi-Fi access to its members when the library is open and there is no loadshedding.

How to get free e-books from your public library

How to get free e-books from your public library

Overstrand Libraries have not been able to check out any new books for more than two weeks now.

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
See All Articles