Die Kleur van Hoop
Datum: Saterdag, 21 Maart 2020
Tyd: 10:30 vir 11:00
Plek: NG Kerk Hermanus
Kaartjies: R100
Die akteurspaar, Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz, van Somerset-Wes se 14-jarige seun, Kieran, is in 2013 oorlede nadat hy in Hermanus van n krans afgeval het. Ira vertel hoe skryf haar help sin maak het van hierdie onsettende verlies.
Lisa Smorenburg van Riviersonderend se seun is in Augustus 2019 in n fratsongeluk oorlede. Sy skenk haar seun se organe. Storm was n baie vriendelike kind wat met enigiemand kon gesels. Hy was n "gentleman". So sal Lisa haar enigste seun onthou.
Kaartjies is beskikbaar by die Kerkkantoor.
Verversings te koop.
Vir meer inligting kontak NG Kerk Hermanus.