Blog

Opwindende Tennis

Opwindende Tennis

Kleinmond Tennis Club

Opwindende Tennis

Sondag is daar vir die eerste keer op Kleinmond Tennis se bane met ’n inisiatief begin om meer kinders en jongmense by hierdie gewilde sport betrokke te kry.

Een van ons lede, John Gardiner, het besluit dat iets nou gedoen moet word om te voorkom dat die plaaslike klub binnekort uit net ‘n klomp bejaardes bestaan. 

Hy en sy vrou, Lois, het daarin geslaag om 24 entoesiastiese skoliere van die Overhills gemeenskap om 16:00 by die bane te kry. Hulle was onder die toesig van Theo Hlongwana en gretig om uit te vind of hulle van tennis gan hou. Hulle is gebring en weer om 17:30 opgelaai deur die huurmotorbestuurder, Mxo.

Die klub se afrigter, Hannelize Upsher, het met balle en rakette opgedaag en met behulp van Kevin Ravno en Antoinette Alberts begin om die kinders beurtelings ‘n idee van die spel te probeer gee. Sommige van die kinders het sommer dadelik aanleg getoon maar hoofsaaklik het dit daaroor gegaan om die kinders die genot te laat ervaar van om  jou maats op die tennisbaan te ontmoet vir ’n bietjie gesonde oefening.

Daar word nou gehoop dat die kinders van Proteadorp en Kleinmond volgende Sondag by hierdie groep sal aansluit. Ouers en ander volwassenes is natuurlik ook baie welkom, veral as hulle dalk behulpsaam wil wees met die organisasie van die middag se aktiwiteite. 

Kontak Kleinmond Tennis Klub as jy  deel wil word van Kleinmond se nuwe tennisoplewing!

Opwindende Tennis

Kleinmond Tennis Club

Boasting scenic views of the Kogelberg Mountains and the Atlantic Ocean, Kleinmond Tennis Club is a non-profit sports club with four all-weather courts open to members and non-members. Open seven days a week, Kleinmond Tennis club offers exclusive court use to members on Wednesdays, Saturdays and pu...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme

Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday? 

SANSA Hermanus
3 September 2022: Pottery Play

3 September 2022: Pottery Play

On Saturday, 3 September 2022 we'll be hosting a super-fun pottery play day! 

Lili & Co
6 August 2022: Pottery Play

6 August 2022: Pottery Play

On Saturday, 6 August 2022 we'll be hosting a super-fun pottery play day! 

Lili & Co
29 July 2022: SANSA Space Talk

29 July 2022: SANSA Space Talk

You are invited to the next SANSA Space Talk on Friday 29 July 2022 at 15:00.

SANSA Hermanus
4 - 9 August 2022: Hermanus Kalfiefees

4 - 9 August 2022: Hermanus Kalfiefees

Don't forget the Hermanus Kalfiefees taking place from 4 - 9 August 2022!

Kleinmond Lodge
9 July 2022: Pottery Painting at the Kleinmond Mish Mash Market

9 July 2022: Pottery Painting at the Kleinmond Mish Mash Market

We're excited to be part of the Mish Mash Market this Saturday, hosted in Kleinmond.

Lili & Co
See All Articles