Die tande van die jare: Napier se Sint Saviours-kerkie
Suidernuus se erfenis-artikel oor die volksbouhuisies wat op Napier aan die verval is (4 Februarie 2022, ‘Lank gelede se eergisters’) het groot reaksie by lesers uitgelok.
’n Soortgelyke huisie op Bredasdorp is ook aan ons uitgewys. Die huisie se dak het aan die een kant inmekaargesak. Die hele b o u w e r k i s g l o ons tabiel en sal m e t t e r t y d o o k inmekaarstort. Omdat die gebou ouer as 60 jaar is, mag dit nie gesloop word nie. Niemand neem blykbaar egter insiatief om die struktuur te probeer red nie.
Die artikel het ook ander argitektoniese en historiese erfenis onder die loep gebring wat vir die streek verlore gegaan het as gevolg van verwaarlosing, agterlosigheid of selfs onmin en diefstal.
Op die hoek van Hoog- en Kerkstraat, ook op Napier, het die ou Sint Sav iour s Anglikaanse kerkie tot kort voor die dorp se s te 150 bestaansherdenking in 1988 nog gestaan. Die kerkvaders en die inwoners wat graag die eiendom wou bewaar, kon egter nie tot ’n vergelyk kom oor hoe om die projek aan te pak nie. Midde-in dié dooiepunt, het die kerk se grasdak een nag onder ’n stormwind inmekaargesak. Die gebou se struktuur is in die proses erg beskadig en die gemeenskap was derhalwe genoop om die kerkie uiteindelik te sloop.
’n Klok raak stil
Die gemeente het daarna na die Anglikaanse skoolgebou in Nuwerus verhui s . Daar het Sint Saviours ’n verdere terugslag gekry toe die kerkklok in September 2020 gesteel is, vermoedelik om as skroot verkoop te word. Die kerkklok was nog ’n historiese skeepswrakklok wat uit die negentiende eeu dateer het.
Die digter en voorm al ige diplo m aat Julian de Wette wat op Napier bly, het in sy gedig Napier - belydenis geskryf oor die vyf klokke wat Sondae lui op Napier, terwyl die winkels om halftien sluit vir ’n uur. Een van daardie klokke het egter met die ver l ies van S int Saviours se skeepswrakklok stil geraak.
Die diefstal het die NG Kerk op die buurdorp Riviersonderend oorreed om as voorsorgmaatreël ook sy eie, historiese skeepswrakklok uit die kloktoring te laat verwyder en te stoor om te voor ko m dat dit dieselfde pad loop.
BNK-huisies
Daar is egter ook erfenis wat ’n gelukkiger uiteinde het. Op Napier staan huisies wat bekend is as die Korporas ie-hui se, omdat dit aanvanklik gebou is deur Bredasdorp Napier Koöperasie (BNK) vir hul werknemers. Hoewel hulle nie oorspronklike volksbouhuise is nie, lyk hulle op die ou huisies en waar die kombuis of vuurherd binne die gebou geplaas is, het hulle ook die kenmerkende skoorsteen. Die geboutjies is almal ouer as 60.
Die Elpida-stigting het laasjaar twee van die huise - in Geelstraat en Herzogstraat - gerestoureer en gebruik hulle vir die stigting se werk.
