COVID-19 EN BORSVOEDING
Borsvoeding is die hoeksteen van babas en jong kinders se oorlewing, voeding en ontwikkeling, asook van moeders se gesondheid. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel eksklusiewe borsvoeding vir die eerste ses maande van ’n baba se lewe aan, gevolg deur voortgesette borsvoeding met toepaslike aanvullende voeding vir tot en met twee jaar en daarna. Vroeë en ononderbroke vel-op-vel-kontak, inslaap en kangaroe-ma-sorg kan ook neonatale oorlewing noemenswaardig verbeter en morbiditeit verminder, en word deur WGO aanbeveel.
Daar is egter al kommer uitgespreek oor of moeders met Covid-19 tydens borsvoeding die SARS-CoV-2-virus aan hulle baba of jong kind kan oordra. Borsvoeding beskerm pasgebore babas dat hulle nie siek word nie en help ook om hulle deur hulle baba-en kinderjare te beskerm. Borsvoeding is veral effektief teen aansteeklike siektes, want dit maak die immuunstelsel sterk deur teenliggaampies direk van die moeder af oor te dra. Soos met alle bevestigde of vermoedelike Covid-19-gevalle, moet moeders met enige simptome wat borsvoed of vel-op-vel-kontak doen, voorsorg tref.
Stappe vir moeders wat borsvoed:
Beoefen respiratoriese higiëne, ook tydens voedings.
As jy respiratoriese simptome soos kortasemheid het, gebruik ’n masker wanneer jy naby aan jou kind is.
Was jou hande deeglik met seep of handreiniger voor en ná kontak met jou kind.
Maak oppervlakke waaraan jy raak gereeld skoon en ontsmet dit.
As jy ernstig siek is met Covid-19 of as jy aan ander komplikasies ly wat verhoed dat jy vir joubaba kan sorg of hom of haar direk kan borsvoed, druk jou melk uit om veilig aan jou baba borsmelk te voorsien.