Swellendam Besigheidsforum sluit jaar af en verkies nuwe lede
Die laaste komiteevergadering vir 2021 van die Swellendam Besigheidsforum is op Maandag, 29 November gehou. Tydens die vergadering is die komiteelede bedank vir hul ondersteuning gedurende die jaar. Me. Cathy van Eeden en mnr. Johann van Rooyen is as nuutverkose komiteelede verwelkom.
Die komiteelede wat 2022 aanpak, is Charles de Kock (Voorsitter); Ian Badenhorst (ondervoorsitter); Mauritz Olivier (Tesourier); Hector Odendaal (Sekretaris); addisionele komiteelede is Cathy van Eeden, Jaco Wolfaardt en Johann van Rooyen.
'n Paar opwindende idees vir 2022 is bespreek. Onder andere word beplan om in die nabye toekoms relevante en interessante openbare figure as gassprekers uit te nooi. Die forum voel dat dit belangrik is om die sakegemeenskap van die groter Swellendam area saam te snoer. As jy lid wil word stuur 'n epos na swellendambf@gmail.com.